Trace Id is missing

Microsoft Office se proefleesnutsmiddels 2016 - Afrikaans

Microsoft Office se proefleesnutsmiddels maak redigering in bykomende tale moontlik.

Belangrik! Deur ’n taal hieronder te kies, sal die volledige bladsyinhoud dinamies na daardie taal verander.

  • Weergawe:

    2016

    Datum gepubliseer:

    2016-05-25

    Lêernaam:

    proofingtools2016_af-za-x64.exe

    proofingtools2016_af-za-x86.exe

    Lêergrootte:

    1.8 MB

    1.7 MB

    Wil jy spelling toets vir 'n taal wat nie outomaties deur Office geïnstalleer is nie? Jy is op die regte plek. Microsoft Office se proefleesnutsmiddels bevat 'n volledige stel proefleesnutsmiddels wat vir Office in hierdie taal beskikbaar is. Installeer dit eenvoudig en herbegin Office, en proefleesnutsmiddels vir jou taal is gereed.
  • Ondersteunde bedryfstelsels

    Windows 7, Windows 8, Windows Server 2008 R2

    Hierdie aflaai werk met die volgende programme:
    • Microsoft Office Excel 2016
    • Microsoft Office OneNote 2016
    • Microsoft Office Outlook 2016
    • Microsoft Office PowerPoint 2016
    • Microsoft Office Word 2016
  • Om hierdie aflaai te installeer:

    Installeer die proefleesnutsmiddels:

    1. Laai die lêer af deur die Aflaai-knoppie (bo) te klik en die lêer na jou hardeskyf te stoor.
    2. Laat loop die opstellingsprogram.
    3. Op die Lees die Microsoft-sagtewarelisensiebepalings-bladsy, hersien die bepalings, kies die “Klik hier om die Microsoft-sagtewarelisensiebepalings te aanvaar”-merkblokkie en klik dan Gaan voort.
    4. Die opstellingsghoeroe laat loop en installeer die proefleesnutsmiddels.
    5. Nadat installering afgehandel is, herbegin jou oop Office-toepassings.


    Instruksies vir gebruik:Gebruik bloot die proefleesnutsmiddels soos jy gewoonlik sou - jy behoort hulle nou vir jou nuut geïnstalleerde taal te sien. Jy kan byvoorbeeld jou proefleestaal na die nuwe taal stel om speltoets (indien beskikbaar) te gebruik - om te leer hoe om dit te doen, sien Wissel tussen verskillende tale deur die Taalbalk te gebruik

    Om hierdie aflaai te verwyder:
    1. Op die Begin-kieslys, wys na Instellings en klik dan Beheerpaneel.
    2. Dubbelklik Voeg programme by/Verwyder programme.
    3. In die lys van tans geïnstalleerde programme, kies "Microsoft Office se proefleesnutsmiddels 2016 - Afrikaans" en klik dan Deïnstalleer, Verwyder of Voeg by/verwyder. As 'n dialoogblokkie verskyn, volg die instruksies om die program te verwyder.
    4. Klik Ja of Goed om te bevestig dat jy die program wil verwyder.