Trace Id is missing

U Dienste-ooreenkoms verduidelik

Ons werk tans die Microsoft-Dienste-ooreenkoms by, wat van toepassing is op u gebruik van aanlyn Microsoft-verbruikersprodukte en -dienste. Ons doen hierdie bywerkings om ons bepalings te verduidelik en te verseker dat dit vir u deursigtig bly, sowel as om nuwe Microsoft-produkte, -dienste en -kenmerke te dek.

Dié bywerkings, wat hier onder opgesom word, sal op 30 September 2023 in werking tree. Indien u voortgaan om ons produkte of dienste op óf ná 30 September 2023 te gebruik, stem u in tot die bygewerkte bepalings van die Microsoft-Dienste-ooreenkoms.

Veel voorkomende vrae

Wat is die Microsoft-Dienste-ooreenkoms?

Die Microsoft-Dienste-ooreenkoms is ’n ooreenkoms tussen u en Microsoft (of een van sy geaffilieerde maatskappye) wat bepaal hoe u Microsoft se aanlyn verbruikersprodukte en -dienste mag gebruik. U kan hier ’n volledige lys gedekte produkte en dienste sien.

Watter produkte en dienste word nie deur die Microsoft-Dienste-ooreenkoms gedek nie?

Die Microsoft-Dienste-ooreenkoms geld nie vir produkte en dienste wat aan volumelisensiëringskliënte gewy word nie, insluitende Microsoft 365 vir besigheid-, onderwys- of regeringskliënte, Azure, Yammer of Skype for Business. Vir verbintenisse ten opsigte van sekuriteit, privaatheid en nakoming, asook verwante inligting wat vir Microsoft 365 vir besighede geld, besoek asseblief die Microsoft-vertrouesentrum by https://www.microsoft.com/trust-center/product-overview.

Watter veranderinge maak Microsoft aan die Microsoft-Dienste-ooreenkoms?

Ons het ’n opsomming van die vernaamste veranderinge hier verskaf.

Om al die veranderinge te sien, beveel ons aan dat u die volledige Microsoft-Dienste-ooreenkoms lees.

Wanneer tree hierdie bepalings in werking?

Die bywerkings aan die Microsoft-Dienste-ooreenkoms sal op 30 September 2023 in werking tree. Tot dan bly u huidige bepalings van krag.

Hoe aanvaar ek hierdie bepalings?

Deur ons produkte of dienste op of ná 30 September 2023 te gebruik of daartoe toegang te verkry, stem u in tot die bygewerkte Microsoft-Dienste-ooreenkoms. Indien u nie instem nie, kan u besluit om gebruik van die produkte en dienste te staak en u Microsoft-rekening voor 30 September 2023 te sluit.